AfricaComplaints.com » Health & Medicine » Complaint / review: Nokeng Eco Lodge - Baie dankie vir n awesome naweek! | #218671

Nokeng Eco Lodge
Baie dankie vir 'n awesome naweek!

Ek wil net ongelooflik baie dankie se vir 'n absolute wonderlike lang naweek. Ek lief die natuur so ongerep, geen tv's (wat baie rustigheid meegee!), en ek kon die seekoeie en jakkelse hoor in die skemer. Dit is hoekom ek daarnatoe kom!

Behalwe vir 'n groep mense wat harde musiek begin speel het :(
Die eienaar Elsha het baie vinnig en profesioneel dit kom regsien. Dankie daarvoor!

Die staf was baie vriendelik en behulpsaam, en dankie vir die ekstra hout.

'n Spesiale dankie aan Trifina - sy is 'n juweel, hou so aan!

Ek het die fietsryroete en staproete ongelooflik geniet. Die roete is baie goed gemerk, uitdagend, en gaan deur 'n wye verskeidenheid habitatte.

'n GROOT bonuspunt - ek kon my diere kinders saambring! Elsha dankie vir jou vriendskap, jy maak my tuis voel hier!

Ek was al 'n paar keer hier en dis nog elke keer 'n lushof om daar te kuier. Kannie wag om weer daar te kom rus nie.

Date:

Company: Nokeng Eco Lodge

Country: South Africa   City: Dinokeng

Category: Health & Medicine

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google