AfricaComplaints.com » Health & Medicine » Complaint / review: Medihelp - Endoskopiese prosedures | #83462

Medihelp
Endoskopiese prosedures

Volgens die opsie Dimension Prime 3 is daar 'n bybetaling van R2120 aan die hospitaal met opname vir endoskopiese prosedures indien dit in teater gedoen word. Om 'n gastroskopie in die spreekkamer te ondergaan is vir my verstaanbaar. Maar om 'n kolonoskopie in die spreekkamer te doen is volgens 3 spesialiste wat ek geraadpleeg het onmenslik (dis nie 'n pyp met kamera in jou keel af nie) en ook gevaarlik want die pasi? nt is so gespanne dat die toerusting 'n skeur kan veroorsaak wat groot probleme agv lekkasie uit die derm in die ingewande kan veroorsaak. Boonop weet geen dokter wat is die toestand van die derm voordat die kolonoskopie gedoen is nie. Om die oorsaak van die probleem te bepaal word die pasi? nt "gedwing" om 'n kolonoskopie te ondergaan. Die fonds vereis 'n diagnose dmv 'n kolonoskopie uitgevoer deur 'n spesialis om te kan registreer vir VMV-kode C009 Crohn se siekte, nuut gediagnoseerde toestand. Ek voel daar word gediskrimineer teen die pasi? nte wat kolonoskopies MOET ondergaan. Ek glo nie daar is 'n enkele persoon wat sal toestem vir 'n kolonoskopie as dit nie uiters nodig is nie. Heroorweeg asb bybetalings vir noodsaaklike prosedures.

Date:

Company: Medihelp

Country: South Africa   City: Hoofkantoor

Category: Health & Medicine

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google