AfricaComplaints.com » Cars & Transport » Complaint / review: Toyota - My Toyota Land Cruiser is nog steeds nie reg | #276097

Toyota
My Toyota Land Cruiser is nog steeds nie reg

Op my vorrige skrywe het ek verduidelik dat Toyota nie die probleem op my voertuig kry nie en dat daar km op die voertuig gesit word maar die probleem bly. My voertuig word heen en weer gestuur vanaf Rustenburg na Johannesburg om die probleem te kry en op n staduim is daar 14 keer met my voertuig die spoed oorskry nadat Toyota bewus is dat daar n probleem is ry hul nogtans met my Cruiser so ver en tot en met vandag kry hul nie die probleem. Ons gaan met verlof en ons wil met ons voertuig gaan maar Toyota kan my nie verseker dat my voertuig gereed sal wees en die probleem opgelos sal wees nie. Ons het die vakansie lank terug beplan en dit alreeds betaal nou moet ons dalk inboed agv Toyota. Dit is nie dat hul net n week gehad het nie nee ek het verskeie keure die probleem aangemeld. Ek was en is nog net baie geduldig maar iewers moet daar nou iets gebeur. My voetuig word deur Tracker dop gehou en Toyota sal nou 2 weke lank besig wees. My voetuig is splinter nuut en het nog geen 4x4 trip gedoen nie. Is daar iemand wat kan help asseblief. Voel lus en gee die voertuig terug.
Hennie Pienaar
0833620483

Date:

Company: Toyota

Country: South Africa   City: Rustenburg

Category: Cars & Transport

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google