AfricaComplaints.com » Business & Finance » Complaint / review: Standard Bank - Diefstal en bedrog | #51114

Standard Bank
Diefstal en bedrog

In Aug 2010 is daar ingehack by my besigheids tjekrek by Standard Bank via internet banking. Daar was 31 transaksies uit my rek gedoen op een dag. Sonder enige kennisg via sms of enige ander vorm was al hierdie transaksies deur Standard Bank goedgekeur. Op 31 Aug sou ek sien daar is geen fondse oor in my rekening nie. Ek het onmiddelik Standard Bank Worc tak gekontak, maar volgens hulle moes ek eers 'n saak nommer by die polisie kry. Ek is met die saak nr tot by Standard Bank en het daar hulle'' afdeling geskakel. Ek is ingelig dat die transaksies wat uit my rekening gedoen is na 9 (nege) ander Standard Bank rekeninge oorgeplaas is. Volgens hulle sou die bank bestuurder onmiddelik die 9 rekeninge vries en sou ek na max 6 weke se ondersoek DALK my geld terug kry. Na 8 weke is ek ingelig dat daar geen gelde aan my terug betaal gaan word nie en dat die saak afgehandel is. Ek was geensins nalatig deur op snaakse e-posse te klick of van internet kafees af internet banking te doen nie. Hoe kan die fondse wat uit my rekening ('n Standard Bank rek) gesteel is oorgeplaas word na 9 ander Standard Bank rekeninge, maar dit word nie aan my terug betaal nie. Ek sit met R32884.00 se skuld agv hiervan!

Date:

Company: Standard Bank

Country: South Africa   City: Worcester

Category: Business & Finance

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google