AfricaComplaints.com » Telecommunications » Complaint / review: Telkom - BAIE SWAK DIENS MET OPGRADERING VAN TELKOM MIX | #254913

Telkom
BAIE SWAK DIENS MET OPGRADERING VAN TELKOM MIX

Ek is al vir meer as 25jaar 'n klient van Telkom. Aan die begin van Augustus het ek Telkom gekontak vir die opgradering van my Telkom Mix kontrak.
Na baie gesukkel met die opgradering het ek my foon uiteindelik in die 2de week van Oktober gekry. Ek kan nie beskryf hoe 'n gesukkel dit was om op te gradeer. Herhaaldelike oproepe, week na week.
Die konseltant het my toe in kennis gestel dat die opgradering aan die begin van November sal deurgaan en dat iemand my sal bel.
Op 8 November het 'n konseltant my gebel en gese dat hulle my opgradering daardie dag gaan doen en dat my foon vir 24uur sal af wees. Na 13h00uur daardie dag het my foon af gegaan en teen die 9de November om 18h00 was my foon steeds af. Ek het van my man se foon af gebel na die Telkom kantoor in die Worcester Mall en gevra wat aangaan. My foon word ook vir werkverband gebruik. As my werk se alarm afgaan sal ek nie die sms'e kry nie. Sy woorde aan my was... die proses is net halfpad op stelsel gedoen en ek moet maar Maandag weer bel. HIERDIE IS ONAANVAARBAAR. EK SOEK DRINGEND TERUGVOERING. My foon is reeds meer as 50uur af. EK VERWAG SKADEVERGOEDING VAN TEKOM VIR ONGERIEF WAT EK MOET VERDUUR.

Date:

Company: Telkom

Country: South Africa   City: Wes Kaap

Category: Telecommunications

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google