Goeie More,
Ons wil graag n klagte indien oor Vodacom se diens.
Ons is tans 9 persone wie gebruik maak van Vodacom se diens op n plaas buite Ermelo. Ons opvangs is baie swak en soms sukkel ons ure lank om 'n boodskap te stuur of sein te kry vir 'n oproep.
Ons het dit aan Vodacom gerapporteer en hulle het dit aan hul tegniese mense oorgedra. Na maande se navraag is ons nou laat weet dat die regstelling op wag geplaas is weens begrotings probleme.
Ons betaal getrou aan kontrak subskripsies en oproep dienste terwyl ons nie die nodige diens onstvang nie.
Ons is verwys na 'n me S. Mogale, by nr, 082 27597 wie aangewys is om ons probleem te hanteer. Sy het ons verwys na n subkontrakteur wie seinversterkers installeer maar ons moet self die kostes dra. Andersins stel sy voor ons termineer ons kontrakte met Vodacom, wat duidelik nie n oplossing is nie.
Die verwysings nr vir ons werksorder is S3/ MJWIE/ EQ5JI.
Ons sal dit hoog op prys stel indien iemand so gou doenlik ondersoek kan instel en ons van hulp wees.
Die uwe
Mnr L C Muller
082 738 2885
Mev U G Muller
082 925 1377
0 comments