AfricaComplaints.com » Telecommunications » Complaint / review: Mtn - Die een verwys my na die ander een | #228583

Mtn
Die een verwys my na die ander een

Ek het 'n nuwe kontrak met MTN uit geneem vir 'n Samsung Galaxy S4 i9500 met die doel om van die nuwe LTE tegnologie gebruik te kan maak.
NOU vind ek uit dat MTN GLAD NIE LTE ondersteun nie EN die i9500 KAN NIE LTE hanteer nie.
Dit maak nie saak hoe ek met die ouens van MTN praat nie - hulle gee my net die middel vinger & verwys my terug na Samsung SA toe.
Ek neem toe my klagte op met Samsung SA & hulle vat toe 10 dae om die klagte te ondersoek & kom toe terug & verwys my terug na MTN toe.
Nou wat moet ek nou doen?
Ek het gaan soek vir info op die net & dit wat ek gekry het stel dit duidelik dat die i9500 wel LTE kan hanteer.
Nou kom dit uit dat dit nie geld vir die S4 i9500 fone vir SA nie.
Wie se probleem is dit?
Ek sit nou in die middel & oral waar ek kla verwys die een maatskappy my na die ander een & trek net hul skouers op & gee my die middel vinger.
Ek was nog altyd gewoond daaraan dat MTN aan die voorpunt van tegnologie was maar duidelik het MTN die slegste selfoon maatskappy in SA geword.
Ek betaal dieselfde subskripsie as die ouens wat wel LTE gebruik maar ek kan dit nie opgevang kry nie.
Selfs H is so stadig dat ek in my broek kan skyt.
MTN = SLEG SLEG SLEG

Date:

Company: Mtn

Country: South Africa   City: HOOFKANTOOR

Category: Telecommunications

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google