AfricaComplaints.com » Telecommunications » Complaint / review: Vodacom - Swak diens | #14873

Vodacom
Swak diens

Op my werk selfoon se "Itemised Billing report" sien ek dat daar "vlive" afgaan, en dit gebeur ook op die onmoontlikste tye van die dag wat ek beslis nie iets doen nie. (Soos in die middernagtelike ure - dan slaap ek!)

Ek het navraag gedoen by [Email Removed] en Kubeshni het laat weet dat dit is wanneer daar "gebrowse" word op die foon (wat ek nie doen nie, want die foon is meeste van die tyd afgeskakel).
Kubeshni het ook gese dat dit dalk kan wees dat daar "background upgrades" is. Ek het gevra hoe ek dit kan sien ek is verwys na die naaste Vodacom winkel.

Elke keer wat ek dan na die Vodacom winkel in Vredendal gaan, kan hulle my net nie help nie en verwys my dan na 082 1940.

Ek is die klient en verwag ek dat indien hulle my nie kan help nie, dan moet hulle self die nommer skakel en uitvind.

Dit gee net vir my die indruk dat niemand my wil help nie. Ek betaal nou elke maand goed waarvoor ek niks doen nie!

Ek hoop regtig dat iemand iets hieraan kan doen!

Date:

Company: Vodacom

Country: South Africa   City: Vredendal

Category: Telecommunications

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google