AfricaComplaints.com » Politics & Government » Complaint / review: Saldanha Bay Municipality - Riool Probleem in Langebaan | #296210

Saldanha Bay Municipality
Riool Probleem in Langebaan

Ons het n erf op 29/04/2013 in Langebaan Noord gekoop. Die bouplanne is op 12/06/2013 goedgekeur en ons kon begin bou. Op 30/08/2013 het die loodgieters op die erf kniediep in die riool staan en werk. Ek het die Munisipaliteit gekontak oor die probleem en is vertel dat die retensiedam oorloop en hulle aandag daaraan gee. Op 05/09/2013 was die pompe weer af en weer was die erf onder riool, n week voor die huurders moes intrek. Weer is daar vir ons vertel dat hulle aandag daaraan gee. Vandag 01/01/2014 is daar weer n probleem en weer is die erf onder riool. Volgens die ander inwoners in die area is hierdie n probleem waarmee hulle al baie jare sukkel. Die plaaslike koerant die Weslander het ook al n berig hieroor geplaas en tog word die probleem nie aangespreek nie. My vraag is: Wat is die Munisipaliteit van plan om aan hierdie probleem te doen? Die rioolstelsel van Langebaan kan nie die hoeveelheid riool behoorlik hanteer nie en het tot gevolg dat daar mense is wat in onhigieniese toestande moet woon, en dan word daar van hulle verwag om tevrede te wees met die antwoord "Ons doen ons bes" wanneer vrae gevra word. [URL Removed]

Date:

Company: Saldanha Bay Municipality

Country: South Africa   City: Langebaan

Category: Politics & Government

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google