AfricaComplaints.com » Health & Medicine » Complaint / review: Discovery Health - Discovery se swak diens!!! | #152502

Discovery Health
Discovery se swak diens!!!

Ek is baie ontevrede met Discovery se slegte diens. Lyk my die mense slaap wat die werk daar moet doen, want dis nou die 2de probleem wat ek met hulle kry. Eerstens het hulle nie my konsultasies laas jaar betaal by die dokter wat my enigste dokter was van 2009 tot 2013.Nou sit ek met prokureurs onkoste en kan op die swartlys kom. Ek moes nou ook opvolg hier oor en nou sit ek maar net met die pobleem. Amper 'n jaar later na ek vir Discovery gebel het en vir die eerste keer hoor wat die probleem is het hulle betaal en my bewys vir my deurgestuur, maar die dokter het nooit haar bewys ontvang nie. Dit help nie ek stuur my bewys vir die dokter deur nie, Discovery moet hulle eie bewys deurstuur wat hulle nie doen nie, eers na 'n dreig brief doen hulle.
Hoekom moet dit nodig vir my wees om te moet bel oor hierdie tipe probleme. Kan die mense nie self die foute raak sien nie, wat doen hulle dan daar? Na hierdie storie het my debiet order om een of ander rede nie afgegaan nie en my goed word gevries. Niemand sal my inlig hieroor nie. Ek moet ook nou weer hulle werk doen om hulle te bel om uit te vind dat my debiet order nie afgegaan het nie. As daar 'n probleem is lig mens net ASB in!!!

Date:

Company: Discovery Health

Country: South Africa   City: Central

Category: Health & Medicine

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google