AfricaComplaints.com » Cars & Transport » Complaint / review: Hyundai South Africa - Verkoop fabrieks foute | #219588

Hyundai South Africa
Verkoop fabrieks foute

Ek het i Hyundai H100 gekoop in Maart 2013 as i nuwe voertuig. Die voertuig het nog nie eers 2000km gery nie toe die probleem begin het en die probleem is nog steeds nie uitgesort nadat die voertuig al 5 keer terug gestuur is. Die H100 het geen krag en begin erg swart rook. Die bestuur van Hyundai het mos nou klaar hulle geld gekry en gee nie i duiwel om vir al die ongerief wat hulle vir jou veroorsaak nie. Hulle trek nou net hulle skouers op want dit lyk nie of hulle gekwalifiseerd is om die probleem uittesort nie. Ek het i paar keer gevra dat hulle die voertuig moet gaan toets ry, maar dis te veel moeite en hulle maak maar staat op computers om die probleem te herstel. Ek het al gevra dat hulle saam met my moet ry sodat hulle kan sien wat die probleem is, maar hulle stel nie belang nie, hulle wil net in hul kantoortjies sit. Ek het vir hulle al i video gewys, niks help nie. Hyundai wag nou tot die waarborg en diensplan verval dan kos dit hulle mos nie geld nie en maak die probleem joune. Hulle diens is uiters swak en sal nooit weer in my lewe enige Hyundai koop nie. Hulle kry nie eers skaam om te sien dat soveel mense ongelukkig is met hul voertuie nie.

Date:

Company: Hyundai South Africa

Country: South Africa   City: Randfontein

Category: Cars & Transport

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google