AfricaComplaints.com » Health & Medicine » Complaint / review: Medihelp - Swakste medies in SA | #253306

Medihelp
Swakste medies in SA

EK is nou absoluut vir Medihelp!!!

Alle lede op die Necesse plan word verplig om bewys van inkomste aan hulle te verskaf omdat die bydrae op 'n salarisskaal werk. My ma is 'n staatspensioenaris wat sonder vervoer heeldag by die huis is en het slegs prepaid selfoon toegang.

Ons het vir hulle haar SASSA kaart asook 3 maande se bankstate gestuur wat volgens my voldoende bewyse is.

Medihelp het egter besluit dat dit nie goed genoeg is nie en het 'n vorm teruggestuur wat vereis het dat sy na elke bank toe gaan om te bevestig dat sy NIE 'n rekening by hulle het nie...

Na 'n HELE saterdag in die banke het ons die hele vorm ingevul gekry en dit vir hulle teruggestuur (nadat al die banke se personeel oor die belaglikheid kommentaar gelewer ghet).

Nou het sy weer vandag 'n sms ontvang wat se dat die bewyse onvoldoende is... geen verdere inligting [URL Removed] bewys van inkomste onvoldoende.

Om hulle call centre te bel neem ten minste 7 minute voordat jy met 'n mens praat en dan kan hulle in elk geval nogsteeds nie help nie,

Medihelp - julle moet nou aan my verduidelik waarom julle dink my ma is 'n skelm???

Date:

Company: Medihelp

Country: South Africa   City: Pretoria

Category: Health & Medicine

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google