AfricaComplaints.com » Business & Finance » Complaint / review: Absa - ABSA lig net skouers op en onbehulpsaam | #155854

Absa
ABSA lig net skouers op en onbehulpsaam

Ek is al meer as 30jr 'n klient van ABSA. Nog NOOIT het hulle nodig gehad om my te bel vir ENIGE betaling van ENIGE rek by ABSA nie. Daar is 'n bedrag deur 'n Mustang Marketing van R19950 van my kredietkaart af wat die konsultant van Mustang Marketing op Budget moes deur sit oor 60 maande. Hulle sit die bedrag toe eenmalig deur. ABSA laat die transaksie deur gaan met die wete daar is nie voldoende fondse in die rek nie. Ek bel ABSA, stuur e-posse, gaan sien hulle by die tak, maar NIKS. Skakel gister die Kredietkaart afd. om die kaart te stop en 'n nuwe kaart te kry. Kry sms van ABSA heruireiking afgekeur. Bel vanoggend ABSA, net as ek die R19950 betaal, sal kaart uitgereik word. As ek geld wil trek en daar is nie fondse nie, kry ek nie geld nie, maar hulle keur so bedrag goed. Standard Bank sms ons as ons lank nie geld getrek het nie - dan moet ons die bedrog tak skakel om te se dit is ons wat die transaksie doen, maar nie ABSA nie hulle laat die transaksie deurgaan. Ek oorweeg dit baie sterk om maar vir my 'n ander bank te gaan soek, wat na my belange omsien. Ek weet nie meer wat om te doen nie, want met elke oproep na ABSA loop ek my teen 'n muur vas.

Date:

Company: Absa

Country: South Africa   City: Absa SA

Category: Business & Finance

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google