AfricaComplaints.com » Business & Finance » Complaint / review: Absa - ABSA aftrekkings | #129563

Absa
ABSA aftrekkings

My ma van 80 jaar het 'n rekening by ABSA waarin haar pensioen elke maand betaal word. Hierdie maand is 'n bedrag van haar rekening afgetrek, en sy skakel toe om te hoor waarvoor. Dit is toe glo vir 'n motor wat hulle jare gelede finansier het, en wat reeds opbetaal is in ongeveer 2004. ABSA het die bedrag toe uit haar bankrekening verhaal daarvoor. Na nege jaar wat die motor opbetaal is, word daar sonder enige vooraf kennisgewing 'n bedrag wat glo nog uitstaande is uit haar rekening af getrek, die onbeskofte amptenaar by hulle Johannesburg tak weier om enige inligting aan my bekend te maak omdat dit nie my rekening is nie. Sy kan nie met hulle kommunikeer nie, sy is al 80 en verstaan nie mooi wat hulle vir haar s? nie. Volgens die amptenaar moes sy nege jaar gelede 'n brief ontvang het om haar in kennis te stel dat die motor opbetaal is. NEGE jaar gelede - sy kan nie onthou nie, hoe lank verwag ABSA moet mens hulle briewe hou van goed wat afgehandel is? Die diens is swak en onaanvaarbaar. En nog steeds het ons geen antwoord nie. Ek het haar aangeraai om haar rekening daar te sluit en na 'n ander bank te gaan. R776.27 is baie geld vir 'n pensioenaris om te verloor en ABSA help nie

Date:

Company: Absa

Country: South Africa   City: Johannesburg

Category: Business & Finance

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google