AfricaComplaints.com » Business & Finance » Complaint / review: Absa - BEDROGSAAK AANGEMELD MAAR ABSA DOEN NIKS | #145599

Absa
BEDROGSAAK AANGEMELD MAAR ABSA DOEN NIKS

Op 11/4/2013 is die saak aangegee by die Bothaville ABSA tak. ABSA Bothaville het herhaalde kere vir die persone by ABSA kaartafdeling ges? dat ons dadelik die kredietkaart moet sluit aangesien ons bewus is van 'n maatskappy genaamd Mustang Marketing wat geld reeds gevorder het en weer gaan vorder uit ons rekening vir 'n bedrog transaksie. Daar is reeds aan Mustang Marketing, n groot bedrog maatskappy, opdrag gegee om die transaksie te kanselleer binne die afkoelperiode, maar ABSA weier om ons kredietkaart te sluit, en stel voor dat slegs die nommer verander word. Volgens die amptenare van kredietkaartafdeling sou dit enige transaksies stop! Daardie nag gaan daar toe wel 'n transaksie deur van R10 000, soos ons ABSA gewaarsku het, en hulle weier nou om dit terug te betaal.

Ek is in besit van die bandnommer waarop die gesprek met Kaartafdeling opgeneem is asook verskeie getuies in die Bothaville tak wat gehoor het dat ons versoek om die kaart dadelik te sluit en dat die uitstaande bedrag wat op die kaart was van R3000 dadelik inbetaal sou word om die transaksie moontlik te maak.

Date:

Company: Absa

Country: South Africa   City: CREDITCARD DEPARTMENT

Category: Business & Finance

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google