AfricaComplaints.com » Business & Finance » Complaint / review: Absa - Geen hulp met bedrogtransaksie | #133687

Absa
Geen hulp met bedrogtransaksie

Die 22/05/2013 het Christo Plekkenpol van Mustang Marketing 'n produk share trackin aan my bekendgestel. Dis sagte ware waarmee hulle jou help om aandele te koop en verkoop. Die sagteware sou binne 'n week deur een van hulle personeel geinstaleer word. Die eerste 6 maande sal 'n proef wees en indien ek dit dan wil kanseleer sal al my koste terug betaal word. Die bedrag van R19950.00 is van my kredietkaart gedebiteer, na deelgike ondersoek het ek agtergekom dat die hele transaksie bedrog is. Die volgende dag het ek die transaksie gekanseleer, en Mnr Lucius van der Merwe my gevra om die sagteware terug te stuur. Die kredietkaartafdeling het my kaart gestop, maar wou nie die transaksie wat toe nog onverrekend was, stop nie. Hulle het my na die dispute afdeling verwys, maar my mail het die volgende dag terug gekom, aangesien die inbox vol was. Met behulp van die plaaslike ABSA-tak het ons dit met die bedrog-afdeling opgeneem, maar niemand kan of wil my help nie. Ek is bewus van baie kliente wat gevang is, waarvan Standardbank sy kliente se transaksie gekanseer het oor hulle bewus is van die bedrog. Ek kry geen terugvoering van Mustang af nie, net elke keer 'n ander verskoning.

Date:

Company: Absa

Country: South Africa   City: Kredietkaartafdeling

Category: Business & Finance

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google