AfricaComplaints.com » Business & Finance » Complaint / review: Absa - SWAK DIENSTE - BELIEG KLIENTE OP SKRIF!!! | #299980

Absa
SWAK DIENSTE - BELIEG KLIENTE OP SKRIF!!!

Donderdag (2 Januarie 2014) het ek op absa se web aansoek gedoen vir 'n motor lening. Vrydag (3 Januarie 2014) het 'n staflid my geskakel en die inligting deurgegaan. Ek het hom UITDRUKLIK gese dat ek en my man deur ons BK werk. AL ons gelde EN aftrekorders gaan deur die BK se rekening by absa. Dit is WAANSINNIG om elke maand ons salarisse vanaf die BK oor te plaas na ons spaarrekenings omdat die bankkostes so ONGELOOFLIK hoog is. Ek persoonlik bank al vir meer as 30 (DERTIG) jaar met hulle. My man is meer as 25 jaar ook by absa. Ons besigheid is al meer as 16 jaar by absa. Dus het hulle DIREKTE insae in AL ons geldsake. Nog NOOIT is daar enige een van ons aftrekorders of tjeks teruggestuur nie. En ook nog NOOIT insolvent of deur enige kredietburo aangeskryf nie!!! Nadat ek al die inligting met hierdie lid deur gegaan het, het ek 2 (TWEE) sms's van absa ontvang om te se dat my lening goedgekeur is en dat 'n agent my sou skakel. Omdat ek Maandagmiddag (7 Januarie 2014) nog geen tyding van hulle ontvang het, skakel ek om op te volg en skielik is dit afgekeur omdat my salaris NIE in my spaarrekening ingaan nie. Alles duur maar absa soek NOG die laaste paar sente ook - SKANDELIK!!!

Date:

Company: Absa

Country: South Africa   City: Voertuig finansiering

Category: Business & Finance

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google