AfricaComplaints.com » Business & Finance » Complaint / review: Virseker Insurance - Presies hoe lank gaan dit neem? | #100613

Virseker Insurance
Presies hoe lank gaan dit neem?

Op 28 Mei 'n eis geregistreer & dinge vlot net nie want Virseker stel 'n kontrakteur aan wat weer sub-kontrakteurs aan stel om my probleem uit te sorteer. Die sub-kontrakteurs maak beloftes net soos die kontrakteur & niks gebeur nie. Vandag is die kontrakteur Kwartel Plumbing Services toe (1 Mei) & my erf lyk soos 'n rioolwerke agv power werk wat gedoen was & valse beloftes.
Ek is uiters teleurgesteld in Virseker se werkswyse & houding. Nie net hierdie eis nie maar ook 'n vorige eis vir 'n lekkende dak wat ook deur Kwartel geinspekteer was & die eis laat afkeur het agv hul onbeholpe & ongekwalifiseerde kontrakteurs.

Ek weier om verder met Kwartel te werk.

Ek betaal 'n premie vir professionele dekking & diens maar ontvang lae graadse diens & dekking.

Ek EIS dat my drein op 2 Mei uit gesorteer moet wees & dat die eis mbt my lekkende dak goed gekeur moet word.

Ek is moeg van kat & muis speletjies wat gespeel word waar daar redes gesoek word om egte, eerlike, kwalifiserende eise afgekeur word of sleepvoet uitgevoer word met swak vakmanskap & valse lee beloftes.

Julle skets 'n baie rooskleurige beeld dmv jul advertensie veldtogte maar die teenoorgestelde is eintlik waar.

Date:

Company: Virseker Insurance

Country: South Africa   City: Hoofkantoor

Category: Business & Finance

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google