AfricaComplaints.com » Business & Finance » Complaint / review: Virseker Insurance - Swak diens van Virseker - wag nogsteeds | #163857

Virseker Insurance
Swak diens van Virseker - wag nogsteeds

Ek het Vrydag oggend om 08:00 die bystand lyn gebel en lekkende plaffon (moontlik geyser) rapporteer ek het sms teruggekry met verwysing dat iemand sal kom kyk. Ek het later weer sms gekry dat 'n ander iemand sal kom kyk (Dus 2 verskillende loodgieter besighede). Die persone was toe by my huis en het gese hul kan nie help nie want dit val buite die "bystand" hulp, maar dat ek my geboue verskering moet laat weet. Ek het toe bevestig dat dit OOK by Virseker is en na hele klomp oproepe (ek na Virseker, want lyk my daar is geen koordinasie tussen bystand en polis afdeling en loodgieters nie). Uiteindelik bel Virseker my Vrydag om 15:00 en die eis word registreer. Sedertdien hoor ek niks van Virseker nie, ek weet nie wie kom uit nie en wanneer nie. Ek gee uiteindelik op. Saterdag oggend begin ek weer bel om 08:00, toe werk die Pta (012) telefoon lyn nie en ek moet heeltyd deur die bystand lyn werk. Daar praat ek met verskeie persone en elkeen se hul kom terug na my toe, niemand doen nie! Ek kry toe wel later oproepe van Virseker en persoon vra my " kan ek die water lekke sien, het ek leak detector nodig? " kan jy glo en dis maandag en niemand was nog daar nie.

Date:

Company: Virseker Insurance

Country: South Africa   City: Pretoria

Category: Business & Finance

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google