AfricaComplaints.com » Newspapers & Magazines » Complaint / review: Beeld - KOERANT ALWEER NIE AFGELEWER NIE | #112723

Beeld
KOERANT ALWEER NIE AFGELEWER NIE

Ek het al voorheen ook gekla oor die absolute slegte diens wat ons ontvang van Beeld al is ons intekenaars vir meer as 20 jaar. Ten minste 1 keer 'n week word die koerant nie afgelewer nie of is baie laat. Ek bel die organiseerder Anthea wat heeltyd onverskoning vra maar niks word gedoen nie! Die afleweraar Elize beledig intekenare en sit haar telefoon af en se die koerant is afgelewer maar dis glad nie by ons huis nie. So uur daarna bring sy eers die koerant! Die paar kere wat die koerant vroeg afgelewer is, le sy op die toeter 04:45 in die oggend en maak die hele buurt wakker maar as die koerant laat is druk sy nie toeter nie. Duidelik kan sy nie met die publiek werk nie en ek dring daarop aan dat sy vervang word met iemand wat graag wil werk en nie leuens vertel nie. Ek verwag ook dat Beeld hierdie keer optree en nie meer lee beloftes maak nie. Hoekom laat julle toe dat hierdie afleweraar julle naam so deur die modder sleep met haar slegte optrede? Is dit die beeld wat julle wil uitstuur vir mense daar buite?

Date:

Company: Beeld

Country: South Africa   City: Germiston

Category: Newspapers & Magazines

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google