AfricaComplaints.com » Telecommunications » Complaint / review: Mtn - Internet data bundle | #324124

Mtn
Internet data bundle

Dis nou die tweede keer dat MTN aanjaag met my rekening. Die afgelope paar maande kan ek nie verstaan hoekom my data so vinnig opraak nie! Op die 27ste van elke maand is ek veronderstel om R200 lugtyd, 200 smse, 200mb data en 30min mtn na mtn te kry en so staan dit ook in my kontrak. Die afgelope paar maande kan ek nie verstaan hoekom my rekening soos hoog is nie. Gister toe kyk ek wat is my data wat ek ontvang het vir die maand. En my data is 0mb, want ek het dit glad nie ontvang nie asook net 'n gedeelte van my smse! En ek wonder ook of ek my 30min MTN na MTN ontvang het die afgelope paar maande. Ek is so ewe meegedeel dat ek nie my data terugwerkend kan kry nie. Nou wil ek graag weet wat gaan nou gebeur? Call centre was veronderstel om vir my 'n verwysings nommer te sms en dit het natuurlik ook nie gebeur nie! Wat my betref het ek nou nie meer 'n kontrak met MTN en sal my debiet order stop vir Februarie. Ek wil weet hoe gaan ek vergoed word vir my data wat ek nie ontvang het, want in my oe is dit niks anders as bedrog nie!

Date:

Company: Mtn

Country: South Africa   City: Call centre

Category: Telecommunications

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google