AfricaComplaints.com » Telecommunications » Complaint / review: Vodacom - Verlore Lugtyd | #87722

Vodacom
Verlore Lugtyd

Ek het deur FNB op die 4de Desember 2012 die bedrag van R689.00 se lugtyd gekoop. Ek het 'n sms ontvang vanaf vodacom dat die bedrag in 12 maande ingedeel gaan word en ek sal dus elke maand vir die volgende 12 maande die bedrag van R77 op my selfoon ontvang. Dit is eerstens nie wat ek wou gehad het nie, ek wou die totale bedrag van R689 op my selfoon gehad het. My probleem is dat ek egter die bedrag van R77 slegs die eerste maand ontvang het. Ek het Vodacom geskakel en hulle het my na FNB verwys en aan my gerig dat dit die bank se fout is. Ek het my tak gaan spreek en hulle het bevestig dat die bedrag van R689 aan Vodacom oorbetaal is en die reeling van R77 is deur Vodacom gedoen. My verwysing van my bank is soos volg: Vodsrp2t8z7b. Ek verwag asseblief terugvoering rakende hierdie saak. 'n Mens skop nie net so groot bedrag agter 'n bos uit nie! Dankie

Date:

Company: Vodacom

Country: South Africa

Category: Telecommunications

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google