AfricaComplaints.com » Telecommunications » Complaint / review: 8ta / Telkom Mobile - 8ta, nou het ek n BOLLIE data kontrak gekry!!! | #164346

8ta / Telkom Mobile
8ta, nou het ek 'n BOLLIE data kontrak gekry!!!

Ek het 8ta vir 'n maand op "prepaid" getoets en dit het goed gewerk. Ongeveer 6 meg spoed op download.
Ek het twee kontrakte uitgeneem aangesien ek 'n besigheid bedryf en genoeg bandwydte benodig. Die afgelope 3 maande het ek bykans geen internet nie. Wanneer ek wel het is dit 0.06 M op upload en 0.03 M op download. Ek het dit oor die afgelope 3 maande al meer gerapporteer as wat ek kan onthou. Ongeveer 2 maande gelede het hulle 'n tegnikus na my uitgestuur, wat net bevestig het wat ek reeds weet. Ek het bykans geen sein nie. Hy het belowe dat hulle vinnig sal werk maak daarvan, aangesien die area waarin ek woon glo goeie dekking het. Na twee weke het daar nog niks gebeur nie en het ek 8ta se kliente diens nommer gereeld begin bel. Ek ken die antwoord nou al so goed, ek hoor dit al in my slaap. "Mnr. die klagte is by ons data afdeling. Hulle werk daaraan." Hulle vat nie oproepe nie. Ek is raadop. Niemand kan of wil help nie. Dit voel of ek teen 'n orkaan blaas. Hulle vat elke maand my geld en is verder nie gepla nie. Op 9/07/2013 het ek met Reagen gepraat by die klientediens. Hy sou toesien dat ek dringend teruggebel word. Dit het nooit gebeur nie. Ek kan net se: Bly weg by 8ta.

Date:

Company: 8ta / Telkom Mobile

Country: South Africa   City: Montana

Category: Telecommunications

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google