AfricaComplaints.com » Shops, Products, Services » Complaint / review: Pick n Pay - Swak terugvoer en vals advertensies | #257676

Pick 'n Pay
Swak terugvoer en vals advertensies

Op Vrydag 8-11-2013 het ek soos miljoene ander verbruikers gereageer op weereens vals advertensies van Pick&Pay. Ek het met die best, Mnr Cloete gepraat oor die saak en sy antwoord was" verwag ek dat hulle `n miljoen advertensies moet weggooi en herdruk" maar pick&pay gee nie om oor die miljoene mense wat daagliks kosbare en duur brandstof en tyd mors om na die winkels te gaan net om uit te vind dit was maar net nog `n vals en misleidende advertensie. Pick&Pay maak soos vele ander winkels gebruik van foutiewe advertensies net om kliente te lok. Ook die terugvoer op my klagte is uiters swak want daar was nog geen terugvoer van die best nie. Nadat ek met die best gepraat het, het ek ook die kliente diens dame by die betrokke tak geskakel. Mariette het my belowe sy sal die saak verder neem. Saterdag het sy my wel geskakel om te s? die saak is na die best in P E verwys en hulle sal my kontak. Dit het nog nie gebeur nie. Volgens Mariette moes Russel Booth of Mark Waite my al gekontak het aangesien sy die klagte na hulle deurgegee het. Toe ek haar vanoggend skakel het sy ges? dat sy nie weet waarom ek nog nie gekontak is nie. Sy het saamgestem dat ek die saak maar op Hellopeter moet sit

Date:

Company: Pick 'n Pay

Country: South Africa   City: George

Category: Shops, Products, Services

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google