AfricaComplaints.com » Shops, Products, Services » Complaint / review: Pick n Pay - Worst Attitude Ever! | #293247

Pick 'n Pay
Worst Attitude Ever!

PnP opposite Bayside Centre: Die kassier se kleingeld was op toe ons gister daar betaal het en vir die verbygaande 'supervisor' gevra om vir haar te kry. Sy (kassier) was baie gaaf en ons het verstaan, dis besig en was bereid om te wag, MAAR die 'SUPERVISOR' se reaksie was: As ek daarby uitkom!! Geen skaamte dat ons die kliente daar staan en wag vir kleingeld nie. My onmiddelike reaksie was: Jy het nie 'n keuse nie, dis jou werk om dit te doen, aangesien ek dadelik vererg was oor haar houding. Sy het van daar geloop en haarself staan gemaak aan die ander kant van die winkel by die kiosk en met 'n boek in die hand die winkel bekyk... glad nie moeite gedoen om kleingeld te kry nie en was ook nie besig om ander kliente te help nie. Ons het seker 5 min gestaan en wag en haar dopgehou. Ek was toe BOOS en het daardie kant toe gegaan en vir die hoofbestuurder gevra. Ek wou hom verskree oor die vermetelheid van die 'SUPERVISOR', hy was darem gaaf en het die probleem uitgesorteer. Carol hoort nie in die bedryf waar sy is nie, sy moet vir haar werk kry in 'n kantoor waar sy kan suur wees. Is sy nie veronderstel om 'n voorbeeld te stel vir haar kassiere nie?? Haar houding STINK!!

Date:

Company: Pick 'n Pay

Country: South Africa   City: Table view

Category: Shops, Products, Services

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google