AfricaComplaints.com » Shops, Products, Services » Complaint / review: Uitkykvleismark - Ongeskikte blanke kassie | #143229

Uitkykvleismark
Ongeskikte blanke kassie

Ek staan by die til om te betaal en sit my mandjie neer op die toonbank (soos ek altyd maak) die meisie groet my klaar met n houding. Sy vra hoeveel sakkies ek wil he en ek antwoord haar. Sy lui die sakkies op en sit met haar handjies gevou. Ek vra of is daar n probleem, haar antwoord: wag u nog vir iets. Met sarkasme in haar stem, my antwoord is nee dat sy maar kan oplui. Met die vou sy weer haar handjies. Haar mede kasier vra haar wat is fout en sy se vir haar: "ek wag vir die klient"(met n attitude). Ek se toe vir haar ek is die klient en sy se sy weet. Toe vra ek vir haar wat die probleem is en sy gooi haar hande in die lig en se sy wag vir my. Ek se toe maar ek staan dan hier en sy se toe: "As jy dit nie uitpak gaan ek dit nie oplui" Ek vra toe vir n bestuurder toe sy haar mond op n tuit trek en die knoppie druk. Daar kom toe n vrou aan en ek le my klag en die se vir die kassier dat sy nie n houding kan he met iemand wat haar salaris betaal, maar sy wil my net in kennis stel dat dit nie die kassier se werk is en ek verstaan dit, maar sy kon my gevra het en nie soos n queen sit en n houding op my trek!

Date:

Company: Uitkykvleismark

Country: South Africa   City: Silverton Pretoria

Category: Shops, Products, Services

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google