AfricaComplaints.com » Politics & Government » Complaint / review: South African Police Service - Bad service at a police station | #271943

South African Police Service
Bad service at a police station

Vroeg vanoggend ry ek uit die stad (CBD) na Pinelands polisie stasie om te gaan vir n police clearance certificate. Kom daar toe se die ou wat by die front desk staan dat ek moes n afspraak gemaak het (dis die eerste keer dat ek hoor mens moet n afspraak maak vir n police clearance certificate) maar hy se toe vir my dat die vrou wat dit doen is in haar kantoor ek moet met haar gaan praat, ek gaan toe na haar kantoor en sy se toe ook dat ek afspraak moet maak, ek verstaan dit toe en wag toe buite haar kantoor om n afspraak te maak. Daar was 2 mense in haar kantoor besig om papiere in te vul so hoe moeilik en lank kan dit vir haar neem om net vir my n afspraak te maak, ek gaan toe binne en vra haar hoelank sy gaan neem want ek moes weer terug gaan na die stad vir n ander afspraak wat ek nie kan mis nie. Sy se toe net sy is besig, ek vra haar nr toe dat ek kan bel. Ek bel toe ek by die huis kom en hulle se toe vir my sy is nie daar meer nie en hulle kan my nie help nie, ek moet weer bel en self met haar praat, later die dag bel ek toe weer en steeds kan niemand my help nie. Dis uiters pateties!!! hoe moelik is dit om net n afspraak in n boek neer te skryf???

Date:

Company: South African Police Service

Country: South Africa   City: Pinelands

Category: Politics & Government

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google