AfricaComplaints.com » Health & Medicine » Complaint / review: Ampath - HOEKOM OVER-CHARGE JULLE MY - GEREELD? | #62742

Ampath
HOEKOM OVER-CHARGE JULLE MY - GEREELD?

Discovery stuur my 'n opsomming van patologie werk wat betaal is en noem ook dat daar R360.00 van die rekening nie betaal was nie agv 'n Rede Kode 391 wat beteken dat Ampath meer as die ooreengekome bedrag is probeer verhaal.

Dit stel dit ook duidelik dat NIE ek OF die mediese skema vir daardie verskil bedrag verantwoordelik is nie.

Ek skakel toe vir Ampath en na ek van een departement na die ander deur gesit was beland ek toe uiteindelik by 'n "Keshni" wat so 'n slegte Engels praat dat ek haar glad nie kan verstaan nie agv haar Indiese aksent.
Ek het haar herhaaldelik gevra om asb duideliker te praat maar kon steeds nie haar gesprek met my volg nie want benewens haar Indiese aksent praat sy ook heeltemal te vinnig.

Die uiteinde is dat ek weer in 'n week se tyd moet terug skakel en uit vind of daar 'n aanpassing gemaak was op my rekening.
Ek bel mos NOU om die probleem uit te sorteer.
HOEKOM moet ek WEER bel?

Is hul kli? ntediens rerig so sleg?

Ons is almal besig en ek het regtig nie tyd om heeltyd agter hulle aan te bel net omdat hul mense die info verkeerdelik in die stelsel invoer nie.

Ek sal eerder dan van ander patologie maatskappye gebruik maak.

Date:

Company: Ampath

Country: South Africa   City: HOOFKANTOOR

Category: Health & Medicine

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google