AfricaComplaints.com » Shops, Products, Services » Complaint / review: Spar - Kliënt doen rugbesering op, a.g.v nalatigheid | #176046

Spar
Kliënt doen rugbesering op, a.g.v nalatigheid

My ma (54 jaar oud) het reeds in Nov 2012 haar rug ernstig seergemaak, na sy oor 'n kartondoos in Spar geval het, wat iemand begin uitpak het. Die kartondoos was nie daar toe sy tussen die rakke kom nie, maar toe sy na 'n rukkie omdraai, val sy oor 'n vol, onuitgepakte boks. Syt vir 10min op die grond gel? voor iemand haar kom help het. Sy kon nie self opstaan nie. Sy was na haar huisdokter en het plate laat neem, wat gewys het dat sy haar rug ernstig beseer het tydens die ongeluk in Spar en dat sy moet gaan vir 'n rugoperasie. Sy's Des in ICU opgeneem vir 11 dae onder sedasie en is sedertdien in en uit die hospitale in Bloem. Sy was eers Mei-maand sterk genoeg om te gaan vir 'n rugoperasie. Sedert Nov was my ma amper konstant bedleend en is steeds nie sonder hulp mobiel nie. Die mediesefonds is uitgeput en na 8 maande is my ma steeds nie beter nie. Wat nou?

Date:

Company: Spar

Country: South Africa   City: Postmasburg

Category: Shops, Products, Services

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google