AfricaComplaints.com » Cars & Transport » Complaint / review: Auto Pedigree - SWAK DIENS AUTO PEDIGREE | #71692

Auto Pedigree
SWAK DIENS AUTO PEDIGREE

Laasjaar het ek my ma na Auto Pedigree verwys vir die koop van 'n voertuig - Vandag moet ek se .. tot my spyt!

Die verkope diens was wonderlik, maar daarna het al die probleme en leuns uitgekom.

Hul gee die kar vir haar om te ry 'n week - sonder 'n lisensie. Sy kry 'n verkeerskaartjie en nou is hul bewusteloos. Eers sou hul die saak uitsorteer - niks. Die kaartjie kom haal - niks.

My ma is 70 jaar oud en loop moeilik. Nou moet sy hof toe gaan en gaan verduidelik dat Auto Pedigree 'n gemors gemaak het. Auto Pedigree bel my ma en laat weet haar dis te veel moeite om die registrasie sertifikaat te soek. WERKLIK

Ben sou 'n wieldop kry na die verkope. Amper 'n jaar later en ons wag steeds...

My ma se kar is nog onder waarborg en ons vind uit wat 'n diens sal kos om te verseker ons neem nie onnodige onkostes aangaan nie. Nou wil sy die kar laat diens en nou is daar konsuis nie 'n diens plan nie. Ons was 3 mense teenwoordig met die aankope en al 3 het gehoor die diens is gratis, en nou vertel Caren hul gee nie diensplanne saam met verkoop nie.

Ek noem dit wanvoorstelling en beslis nie "treating the customer fair" nie.

Ek sal NOOIT weer iemand na hul verwys!!!

Date:

Company: Auto Pedigree

Country: South Africa   City: Parow

Category: Cars & Transport

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google