AfricaComplaints.com » Miscellaneous » Complaint / review: Sabc Tv Licence - Old TV licence nr suddenly reappears after 13 yrs | #34309

Sabc Tv Licence
Old TV licence nr suddenly reappears after 13 yrs

My televisielisensie nr 211617899. My betalings is elke jaar stiptelik. Skielik, in Maart 2011, ontvang ek `n sms wat beweer dat my televisielisensie met `n paar duisend rand agterstallig is. Ewe selfversekerd skakel ek die nommer om hulle op hulle fout te wys. Dis toe dat ek hoor dat die agterstallige lisensie `n ander nommer as myne het. Dit was die lisensie 124413881 wat ek besit het toe ek en my gewese vrou nog getroud was. Ek het daardie TV in September 1998 in haar besit gelaat. Ek het vir jare na my egskeiding nie `n tv besit nie en het eers in 2007 `n TV-stel gekoop. Met die aankoop van die televisiestel het ek my huidige lisensie uitgeneem. Die SABC het geen melding gemaak van `n agterstallige lisensie teen my naam nie. Na dertien jaar kruip hierdie ou lisensie in 2011 uit hulle sisteem op. My vraag is: Waarom het hulle in 2007 `n nuwe lisensie aan my uitgereik sonder om oor die agterstallige een te praat? Hulle kon mos dadelik alarm gemaak het met `n sinnetjie soos: "Meneer, jy het reeds `n lisensie by ons en hy is jare agterstallig! " Die SABC het my storie aangehoor, my skeibrief aangevra en na e-poswisselings belowe om die saak op te los. Niks het tot nou gebeur nie.

Date:

Company: Sabc Tv Licence

Country: South Africa   City: Auckland Park

Category: Miscellaneous

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google