AfricaComplaints.com » Miscellaneous » Complaint / review: Bg Customs - BALGOTEX ARTIFICIAL GRASS INSTALLATION DISASTER! | #299297

Bg Customs
BALGOTEX ARTIFICIAL GRASS INSTALLATION DISASTER!

Mnr Brendan Cavanagh (0768527931) het Balgotex nagemaakte gras tussen ons 'paving blocks' by ons huis in Yzerfontein, kom le nadat ons hom 'n deposito van R6500 betaal het. Dit was 'n absolute gemors! Die gras was met epoksie/gom besmeer en het los op die sand gele en die plaveistene was met epoksie/gom bemors. Hy was veronderstel om eers sement te gooi en dan die gras vas te plak. Ek het fotos geneem en dit vir ene mnr. Aidan Shrives, CEO Balgotex, Pietermaritzburg en mnr Jacques Mouton, Heyns Turf, Durbanville, gestuur. Ek wag nou nog vir mnr Shrives om terug te kom na my, mnr Mouton het gese ons moet Brendan kry om die gemors te kom oordoen. Brendan het na vele oproepe (selfs nadat ons hom van 'n ander persoon se selfoon gebel het) en eposse bevestig dat hy nie die werk gaan oordoen nie, ook nie 'n gedeelte van die geld teruggee nie en ook nie ons plaveistene kom skoonmaak nie. Ek het aan hom 'n epos gestuur waarin ek hom meegedeel het om die gras te kom verwyder, aangesien dit so in sy kontrak staan. Selfs dit het hy nie gedoen nie. Ons was genoodsaak om 'n ander firma te betaal (R12000) om ALLES te kom oordoen met ander tipe gras en die plaveisel ook skoon te maak.

Date:

Company: Bg Customs

Country: South Africa   City: KAAPSTAD

Category: Miscellaneous

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google