Ek het twee Enorossi rolharke deur Staalmeester gekoop. Albei was al uit waarborg toe hul rame op n sekere plek kraak. Ek het dit gesweis en onder Staalmeester se aandag gebring. Hul het altwee rame vervang en die nuwes by my plaaslike Landboukoop laat aflewer. Hierdie gebaar wys dat Staalmeester n maatskappy met integriteit is. Hul het alles moontlik gedoen om my tevrede te stel. Die tipe diens word hoog op prys gestel.
0 comments