AfricaComplaints.com » Shops, Products, Services » Complaint / review: Morkels - Poor Customer Service and no feedback | #109683

Morkels
Poor Customer Service and no feedback

Ons het 'n nuwe Malibu slaapkamer stel die 22 Maart kontant gekoop. Eers na aflewering het ons eers gesien watter defekte daar was. Water skade, gechip en alles is skeef. Ons het fotos geneem en die volgende dag na die tak toe terug gegaan met ons ontevredenheid en gevra dat hulle die stel moet vervang. Na baie oproepe van ons kant af na die tak toe en met 'n redelike tydverloop kom lewer hulle 'n nuwe stel af wat erger lyk as die een wat ons het. Ons het geweier om dit te vat. Weer na vele oproepe en dreigemente is ons slaapkamer stel nog nie vervang nie. Terugvoering wat ons wel ontvang het was dat daar glad nie een nuwe Malibu stel is in die "warehouse" wat reg is om vir ons te gee nie. Die probleem is blykbaar vir die verskaffer deurgegee om ons probleem op te los en gevra dat ons geduldig moet wees. 2 weke tydverloop na ons niks van hulle gehoor het nie is ons geduld nou finaal op. 7 Weke later vandat ons die stel gekoop het en daar is nog geen vordering nie! Geen kliente tevredenheid nie! Uiterste Swak diens en geen terugvoering na kliente toe nie!

Date:

Company: Morkels

Country: South Africa   City: Brakpan, Mall@Carnival

Category: Shops, Products, Services

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google