AfricaComplaints.com » Cars & Transport » Complaint / review: Hyundai South Africa - CD playe | #109865

Hyundai South Africa
CD playe

Op die 20ste Maart het ek my voertuig ingeneem vir die 15 000km diens en spesifiek onder hulle aandag gebring dat my cd-speler 'n 'error' kode wys as ek 'n CD insit. Toe ek my voertuig die middag gaan haal, het hulle aan my bevestig dat 'n nuwe Radio/CD speler bestel moet word en dat hulle my in kennis sal stel sodra die gekom het. Twee of wat weke later moes ek hulle bel om te volg en is daar toe aan my ges? dat hulle besig is om te kyk of die waarborg dit wel gaan dek, maar dat hulle my sal laat weet. Ek het dit daarna weer self opgevolg en weereens was ek belowe hulle skakel terug. Vrydag 'n week terug moes ek weereens skakel om te hoor wat die vordering is en het ek toe met die diens-bestuurder, Gerald Brits, gepraat wat belowe het hy vind uit wat aangaan en skakel my terug. Wel, dis nou al weer meer as 'n week later en ek wag steeds. Ek dink dis uiters onprofesioneel maar as ek die ding so kyk, gaan hulle ook nie op hierdie klagte reageer nie. Sal maar hoofkantoor moet bel en hoop ek kan iets uitgerig kry. In die moeilike finansi? le tye kan ek nie glo dat mense so laks is oor diens, wat natuurlik besigheid is, nie.

Date:

Company: Hyundai South Africa

Country: South Africa   City: Roodepoort

Category: Cars & Transport

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google