AfricaComplaints.com » Construction & Repair » Complaint / review: Kdp Services - Swak diens! | #165438

Kdp Services
Swak diens!

KDP Dienste het vir my 'n nuwe stoep en sement om my huis gegooi. Ek wil die stoep laat teel, maar dit bars en skilfer af. Die trappe en sement om die huis is baie skeef. Die sement om die huis is met die ou facia-borde wat hulle afgehaal het gegooi. Ek het al hoeveel keer gevra dat Riaan Kruger net moet kom kyk, maar hy kom nie hier uit nie. Ek het meer as 'n maand terug my heksleutel by hom gaan afgee sodat hy kan kom kyk indien ek dalk nie tuis is nie. Hy het steeds nie eers kom kyk nie. Ek het vir hom 'n boodskap gestuur en weereens hom ingelig van my ongelukkigheid oor die swak bouwerk. Sy vrou het egter vir my 'n boodskap gestuur waarin sy voel haar man se werk is baie goed en dat ek verkeerd is.
Dis regtig sleg om vir sulke swak diens te betaal.

Date:

Company: Kdp Services

Country: South Africa   City: Kroonstad

Category: Construction & Repair

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google