AfricaComplaints.com » Real Estate » Complaint / review: Varsity Rentals - Uiterse swak en onprofessionele diens | #320922

Varsity Rentals
Uiterse swak en onprofessionele diens

Ons het 'n huis gehuur deur Varsity rentals vir die jaar van 2013. Ons verhuis nou na 'n nuwe eiendom. Met die inisiele verhuring van die eiendom en met betalingstyd van elke maand, was hulle kommunikasie uiters spoedig en akkuraat (natuurlik). Ons probeer egter al 'n paar maande met verskeie herstelwerk aan die huis met hulle in verbinding tree, maar ongelukkig net lee beloftes en geen daad by woord nie. Nou dat ons wil uittrek het ons al tweekeer self huurders gekry en moes ons SELF dokumentasie ens regkry en prosesseer vir die oorskakeling van kontrakte. Elke keer belowe hulle hulle is op die saak maar dan ontvang ons geen terugvoer nie. Ons moet oor 'n week uit die huis uit - toe ons vanoggend skakel om die laaste detail uit te sort met die nuwe huurders, sou ons hoor dat hulle egter nie goedgekeur is nie (ons het al 'n MAAND terug met die proses begin - hoekom laat weet hulle nie???) Nou, 'n week voor ons uittrek hoor ons ons het nie 'n nuwe huurder nie, en so ook moet die arme mense wat hier so huur, 'n week voor hul uit hul huis moet wees, hoor dat hulle nie 'n plek het om heen te trek nie. UITERS UITERS swak.

Date:

Company: Varsity Rentals

Country: South Africa   City: Potchefstroom

Category: Real Estate

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google