AfricaComplaints.com » Telecommunications » Complaint / review: Vodacom - Swak diens van Vodacom | #294065

Vodacom
Swak diens van Vodacom

My aftrekorder gaan op die laaste dag van die maand af. Dit het nou op 28 Nov afgegaan en ek het nog nie geld oorbetaal in my rek. nie. Dit het dus nie deurgegaan nie en ek is deur Vodacom ingelig dat my rek. agterstallig is. Ek moes by Standerd bank betaal en kon eers op 7 Des. My vrou kon vir 'n paar dae net oproepe ontvang met haar foon, alle ander opsies was gekanselleer. Nadat die betaling gedoen is kon sy bel en SMS maar sy het geen internet toegang nie en BBM is gekanseleer. Ons ontvang steeds oproepe van Vodacom om ons in te lig dat ons rek. agterstallig is. Hulle het ook 'n nr gestuur wat ons kan bel indien daar 'n probleem is (0821946). Ek moes die bedrag gee wat betaal is en dan sou die inligting verwerk word. Steeds is die probleem nie opgelos nie. Ek was herhaalde kere by Vodacom in die Pavilion net om elke keer te hoor dat die rekening agterstallig is en dat hulle my nie kan help nie. Een van die konsultante het probeer help deur die bankstrokie per epos te stuur aan Vodacom. Ek het ook die strokie gefaks.
My vrou se kontrak het verlede week verstryk, maar kan nie 'n nuwe foon kry nie omdat die rek. nie betaal is nie. Uiters swak diens!

Date:

Company: Vodacom

Country: South Africa   City: Accounts

Category: Telecommunications

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google