AfricaComplaints.com » Business & Finance » Complaint / review: Virseker Insurance - Geen terugvoer op Retrenchment eis | #98340

Virseker Insurance
Geen terugvoer op "Retrenchment" eis

Ek het op 28 Februarie 2013 my werk verloor as gevolg van afleggings by die maatskappy waar ek gewerk het. Ek het my versekeringspremie vir Maart betaal, maar kon ongelukkig nie die April 2013 premie betaal nie. Ons baba is ook intussen op 23 Feb gebore en dinge was maar deurmekaar en besig, daarom het ek eers op 5 April 2013 vir Vir Seker gekontak om die "retrenchment waiver", wat ingesluit is in my polis, te aktiveer. Ek het met Mishack Masilela van Assupol gepraat en ek het al die vereiste dokumente na hom gestuur op hierdie dag. Hy het my meegedeel dit sou tussen 5 en 10 dae neem om terugvoer van die Onderskrywers te kry. Ek het op 12 en 15 April vir Mishack vir terugvoer gevra. Ek het toe op 15 April 'n epos van Eulene Coleridge ontvang waarin sy se dat hulle wag vir terugvoer, dit sal 8 - 10 dae neem. Ek het daarna herhaaldelik dieselfde verskoning van Eulene gekry... ek weet steeds nie of die eis goedgekeur is nie. Tot op hede, 16 werksdae later, het ek nog geen uitslag ontvang nie en intussen sit ek sonder versekering op my huis inhoud en motor. Die volgende stap is om die Versekerings Ombudsman te kontak indien ek geen terugvoer ontvang nie.

Date:

Company: Virseker Insurance

Country: South Africa   City: Hoof kantoor

Category: Business & Finance

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google