AfricaComplaints.com » Cars & Transport » Complaint / review: Nissan South Africa - My grand voertuig nie meer grand na dienste | #76829

Nissan South Africa
My "grand" voertuig nie meer "grand" na dienste

Ek het in Junie 2012 'n Chrysler Grand Voyager 06 model 2de hands aangekoop by Overberg Nissan. Overberg Nissan sou die cambelt van die kar vervang en die kar deurgaan vir ander foute en dus regmaak voor aflewering. Vandat ek my kar ontvang het na aflewering was daar menigte kere wat ek kar moes terugneem na Overberg Nissan. Na laaste insident het ek direk aan NISSAN SA 'n email gestuur met my klagte aangesien my kar met verskeie probleme sit en ek geen hulp vanaf Overberg Nissan ontvang na hul die voertuig beskadig het nie. Nadat ek NIKS van NISSAN SA terug gehoor het vir 'n volle maand nie, het ek weer my email aan hul gestuur en bygenoem dat ek nog geen nuus van hul ontvang het rakende my kar nie! Ek het binne 'n dag 'n email ontvang wat aan my "geCC" was waarin die eienaar van Overberg Nissan my email ontvang het en gevra was om my te kontak en die saak met my op te los. Dit was 3 weke terug, NOG GEEN NUUS! Ek het 'n week terug direk aan die konseltant van NISSAN SA 'n email gestuur en net genoem dat ek nog GEEN TERUGVOER OF KONTAK van Overberg Nissan ontvang het nie, en of hul nie asb aan my saak wil aandag gee nie. NOGSTEEDS GEEN TERUGVOER OF KONTAK vanaf Overberg Nissan of NISSAN SA!

Date:

Company: Nissan South Africa

Country: South Africa   City: Overberg Nissan

Category: Cars & Transport

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google