AfricaComplaints.com » Business & Finance » Complaint / review: Absa - Sloer met boedel en verloor dokumente | #307949

Absa
Sloer met boedel en verloor dokumente

Pa is oorlede op 2 Des 2012, sy boedel steeds nie afgehandel. 'n Eenvoudige boedel met geen skuld en verbande - die huis moet slegs op my ma se naam oorgedra word. Ma is baie sieklik en moet dringend ouetehuis toe gaan en het dus haar huis verkoop, maar wag vir die huis om oorgedra te word op haar naam. Op 21 Mei 2013 is alle dokumente aan ABSA gestuur per geregistreerde pos en daarby ingesluit die oorpronklike transportakte. Die boedel geld is betaal op 23 Oktober 2013. Shannon (wat nou nie meer by ABSA werk nie) het die oordrag prokureurs opdrag gegee om voort te gaan, maar sonder die transportakte. Ma het navraag gedoen waarop sy gese het sy wag vir die transportakte wat blykbaar by ABSA sekuriteit le. Op 2 Jan 2014 het Leonie my ma gekontak en gese dat sy die transportakte gekry het, die belastings betaal het tot 30 Junie 2014 om 'n uitklaringssertifikaat te kry. Op 10 Jan 2014 bel dieselde Leonie my ma en vra haar waar die transportakte is. NOU WAT NOU?? Nou sloer alles weer van voor af om 'n gesertifiseerde afskrif aan te vra. Die spanning is nie goed vir ma se gesondheid nie en was sy weer in die hospitaal. Die is nie die enigste geval waarvan ek al gehoor het nie.

Date:

Company: Absa

Country: South Africa   City: Strandweg, Belville

Category: Business & Finance

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google