AfricaComplaints.com » Business & Finance » Complaint / review: Absa - Ek wil WEET wat aangaan | #295361

Absa
Ek wil WEET wat aangaan

Ek is tans onder Debt Review en ontvang NOOIT enige state van die rekening (e) waarop ek afbetalings reelings het vanaf ABSA nie.
Ek het op 15 Augustus 2013 gevra vir 'n balaans staat sodat ek my skuld posisie kan bestudeer maar niks vanaf ABSA ontvang nie.
Ek skryf toe weer aan ABSA op 20 Desember 2013 waar ek weer vra vir 'n balans staat en onvang toe vandag 'n naamlose brief vanad ABSA van Debt Review Manager waarin daar genoem word dat my skuld ooreenkoms wel reeds afbetaal is.
Wanneer was die ooreenkoms afbetaal gewees?
Ek kry GEEN state waarin my skuld posisie aangedui word nie so ek hou maar net aan betaal en betaal elke maand.
So ek kan reeds baie lank gelede reeds klaar betaal gewees het en dit net nooit besef nie en sit dan met 'n krediet balaans op daardie betrokke rekening by ABSA.
EK hou regtig nie van ABSA se houding waar ek net geignoreer word met navrae nie en met die ontvangs van naamlose briewe nie.

Ek EIS dat ek gekontak word per epos met 'n kontak naam en telefoon nommer met 'n gedetaileerde staat van ALLE betalings wat aan ABSA gemaak was op die betrokke rekening - VANDAG NOG!!!

Date:

Company: Absa

Country: South Africa   City: HOOFKANTOOR

Category: Business & Finance

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google