AfricaComplaints.com » Business & Finance » Complaint / review: Telesure Group Services - VIRSEKER DOEN DIT VIR MY | #218211

Telesure Group Services
VIRSEKER DOEN DIT VIR MY

Ek het 'n eis ingedien vir gesteelde items na 'n inbraak by my kantoor. My werkgewer se versekering dek nie persoonlike items nie en ek moes dus teen my persoonlike polis eis. My vrou het die nodige vorms aangevra en Natasha Adams het my telefonies geskakel.. Na vele pogings het ons uiteindelik kontak gemaak. Ek was elke keer in vergadering wanneer sy skakel, maar die dame het volgehou. Skakel, SMS, e-pos. Geen poging te veel moeite nie.
Nadat ek die nodige kwotasies bekom en aan hierdie meisie gestuur het, het die goed baie vinnig gebeur. Die eis is goedgekeur, die bybetaling sommer verhaal en na net 2 dae wag ek angstig op uitbetaling.
Dankie Natasha. Jou diens is voortreflik en jou gesindheid uiters professioneel.
Daar is duisende ander diensveskaffers wat by hierdie dame kan gaan kersopsteek.
Welgedaan. Jy doen VIRSEKER eer aan.
En VIRSEKER? Julle word met trots aanbeveel.

(Supplier name changed from Virseker Insurance to Telesure Group Services by Hellopeter.com)

Date:

Company: Telesure Group Services

Country: South Africa   City: VIRSEKER

Category: Business & Finance

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google