AfricaComplaints.com » Business & Finance » Complaint / review: Standard Bank - Stinking attitude of Levey and more | #108235

Standard Bank
Stinking attitude of Levey and more

Ek het Donderdag, 9 Mei 2013 om 11:55 n oproep gehad van 'n persoon wat nie juis veel weet wat aangaan nie.

Volgens haar Levey as ek nie e-mail opsie neem vir my bankstaat nie, moet ek R9.00 per maand betaal. Levey is 'n onbeskofte, ongemanierde persoon. Daar was glo korrespondensie uitgestuur, wat geensins deur my ontvang is nie.

Ek weier om enigsins die gelde per maand te betaal, en indien ek gedreig word "we are going to debit your account", soos gedoen deur Levey, sal ek al my rekenings sluit by Standard Bank.

Die terugvoer wat ek van jou ontvang het was dat dit 'n stelsel fout is.

Dus die volgende:

1. Ek wil my state in die pos ontvang
2. Ek weier en gee nie toestemming dat my rekening met R9.00 gedebiteer word vir die state wat aan my gepos word nie.

Laastens, kry asseblief in die vervolg 'n Afrikaans sprekende persoon om my te bel en nie iemand so onbeskof soos Levey nie. Sy is total onprofessioneel. Wie gee haar die reg om haar stem te verhef vir my?

Is dit hoe Standard Bank sy Titanium kli? nte behandel?

Date:

Company: Standard Bank

Country: South Africa   City: Kaartafdeling

Category: Business & Finance

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google