AfricaComplaints.com » Telecommunications » Complaint / review: Telkom - Akkuraat en vriendelike diens | #192252

Telkom
Akkuraat en vriendelike diens

Ek moes Saterdag my ADSL modem inneem na Telkom Tygervallei om `n nuwe Router te kry. Dis Saterdagoggend en die sentrum is besig, ek sien op daarteen om in `n lang ry te staan by Telkom en dan is ek onseker hoe bekwaam die diens gaan wees. Gaan ek weer van bakboord na stuurboord gestuur word of dalk moontlik hoor hul het nie voorraad nie of dalk is die persoon wat daarmee werk eers weer Maandag aan diens.
Groot was my verbasing - dit was beslis my dag. Geen rye nie, 3 klerke wil my sommer dadelik help. Ek kies Mnr. Peens aangesien ek al voorheen Telkombesigheid met hom gedoen het. Baie dankie vir vriendelike, akkurate, geduldige en flink diens - dis hoe dit hoort, dankie dat u Telkom se naam hoog hou.

Date:

Company: Telkom

Country: South Africa   City: Tygervallei

Category: Telecommunications

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google