AfricaComplaints.com » Cars & Transport » Complaint / review: Ford - Swak diens | #159237

Ford
Swak diens

Ek het n Ford Ikon kar en het die kar ingestuur na Vereeniging tak om gediens te word in Februarie 2013. Na die baie duur diens het my kar skielik olie gelek. Ek het hulle laat weet en hulle het my kar weer gehad vir omtrent 2 weke. Die lek is reg gemaak, maar om een of ander rede, lek my kar nou weer olie, en al wat ek kry is dat hulle moet kyk of dit dieselfde olie lek is en ek kan my kar eers weer die 25ste invat na hulle toe. Ek ry nie baie met my kar nie, maar die olielek is glad nie wat my kar voorheen was nie. Die diens was baie duur gewees, en my kar was voorheen by hulle gediens ook, so enige bewyse van olielekke voorheen sal op hulle rekords wees.

Ek is ontevrede oor die olie lek maar ook oor die houding dat ek maar kan wag vir nog 2 weke voor hulle my gaan help.
Die fout is nie aan my kant nie en daarom verwag ek dat Ford die kar sal herstel sonder kostes aangesien die lek begin het met die laaste diens. Ek het omtrent nog net 1000km gery met haar nadat sy gediens is. Hierdie is nie aanvaarbaar nie!

Date:

Company: Ford

Country: South Africa   City: Vereeniging

Category: Cars & Transport

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google