AfricaComplaints.com » Telecommunications » Complaint / review: Vodacom - Betaal nie n foon uit sonder n sim! | #116553

Vodacom
Betaal nie n foon uit sonder n sim!

My seun se foon het gebreek en hy moes noodgedwonge my foon gebruik vir die dag. Iemand het in sy kantoor ingekom en die foon en beursie uit sy lessenaar laai gesteel. Ek betaal elke maand R49.00 versekering op daardie foon, maar omdat dit n ander simkaart ingehad (ook n Vodacom nommer) het en nie in my besit was, word die eis nie uitbetaal. Hy het n affidavit by die polisiestasie gaan afle, maar dit is ook nie goed genoeg vir Vodacom. My vraag aan Sylvia by die versekerings afdeling van Vodacom was die volgende: ' Indien ek nie die foon gebruik en dit word uit my huis gesteel sonder n simkaart, is dit ook gedek onder julle versekering? ' O nee, was die antwoord, net as dit jou simkaart inhet. Ek het by my versekering uitgevind wat dit sou kos om soortgelyke foon te verseker en ek sou presies die helfte betaal. Ek het n vorm by Robin aangevra sodat ek die betrokke foon kan swartlys, dit was presies 2 uur gelede wat hy gese het dit is gefaks... wel ek wag nog steeds. As dit is soos versekering by Vodacom werk, waarom nog vir hulle verryk!!

Date:

Company: Vodacom

Country: South Africa   City: Suid Afrika

Category: Telecommunications

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google