AfricaComplaints.com » Shops, Products, Services » Complaint / review: Kalahari.com - Gobii e-Leser Bestellingnommer 9881178 | #18923

Kalahari.com
Gobii e-Leser Bestellingnommer 9881178

Op 06/01/2013 het ek 'n Gobii e-leser bestel en die bedrag van R799.00 in die firma se bankrekening betaal. Die aflewering was gereel by mev S Erasmus van Tramstr 14 Albertville JHB. Na navrae aan [URL Removed] is aan my vertel dat die e-leser wel afgelewer was en deur 'n sekere Mpho ontvang is. Hierdie persoon woon egter nie by hierdie adres nie. Die firma sou aan my die dokumentasie voorsien waarop die persoon geteken het maar ek het nog niks ontvang nie. Ek glo die pakkie is by 'n verkeerde adres afgelewer. Op 23/01/2013 het 'n afleweringsfirma by my opgedaag om 'n pakkie aan my te oorhandig. Dit was duidelik dat baie hande dit hanteer het, die karton was vuil en vol geskryf. Ek vermoed die pakkie was oopgemaak en weer toegemaak. Te oordeel aan die toestand van die kartondoos twyfel ek of daar 'n nuwe Gobii in was. Ek het nie die pakkie in ontvangs geneem nie en ek is nou nog sonder my Gobii. Ek wil [URL Removed] vra of hulle enigsens vir hulle kliente omgee. Ek het vir 'n nuwe e-leser betaal en eis 'n nuwe e-leser.binne 24 uur of my geld moet aan my terugbetaal word. Diens wat ek gekry het is baie swak, sies vir julle!!!

Date:

Company: Kalahari.com

Country: South Africa   City: Heerengracht

Category: Shops, Products, Services

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google