AfricaComplaints.com » Shops, Products, Services » Complaint / review: Checkers & Checkers Hypers - Express tills | #156006

Checkers & Checkers Hypers
Express tills

By enige winkel behalwe in Tzaneen Checkers is die "express tills" 'n plek waar jy kan betaal as jy min items het en haastig is. In Tzaneen het dit nou al 'n paar keer gebeur dat ek by die express till wil betaal. Daar is gewoonlik 2 kasiere. Die Checkers staff skuur verby die kliente in die ry om aan die linkerkant te betaal by 1 van die kasiere. As daardie betaalpunt vir personeellede van Checkers alleenlik is, moet dit so aangedui word. Waarom moet die kliente van Checkers in 'n ry staan maar die personeel skuur verby, druk in, en gaan betaal eerste. Dis onaanvaarbaar. 'n Ander probleem is dat die personeel buite die parkeerarea, aan die Medi-kliniek se kant sit en wag, ek neem aan dis in hulle breuk of voor 'n skof. Ek het al verskeie foto's geneem waar die personeel daar le en slaap - in hulle Checkers uniform. Daar is altyd 'n hoop papiere en vuilgoed wat oorbly nadat die mense loop. Dit dra 'n baie slegte beeld uit van Checkers. Vriendelike groete, Leonie 0814261984

Date:

Company: Checkers & Checkers Hypers

Country: South Africa   City: Tzaneen

Category: Shops, Products, Services

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google