AfricaComplaints.com » Shops, Products, Services » Complaint / review: Checkers & Checkers Hypers - Arrogant staff | #324439

Checkers & Checkers Hypers
Arrogant staff

Goeie dag. Ek is 'n gereeld klient van Checkers Lifestyle, Tzaneen. Wat ek egter die afgelope tyd beleef maak my baie ongelukkig. Die personeel op die vloer sal nooit uit die pad staan of plek maak vir die kliente nie. Dit het al 'n paar keer gebeur met myself, my man en dan het my vriendin onlangs op haar Facebook status dieselfde gese. Waarvan ek ook nie hou nie is die kassiere en personeel wat sakke pak wat altyd aan my kinders "karring". Vriendelikheid is wonderlik maar dis ongelukkig nie waar dit stop nie. Ek het vir my klein dogtertjie 'n pakkie skyfies oopgemaak nadat dit opgelui is. Die vrou wat die sakkies pak het haar hand uitgehou om te bedel vir 'n skyfie en hoe meer my dogtertjie gegee het hoe meer het sy geeet! Skaars 'n week later het 'n ander vrou my kind se dummie uit haar mond gehaal, en gese: "give it to me". Nodeloos om te se het my dogtertjie begin huil en ek moes bond staan. Dis onaanvaarbaar! Ek is geensins 'n rassis nie, inteendeel. Wat is fout met net 'n goeie middag of hoe gaan dit? Moet my nie eers kontak nie asb. - kry dit net reg anders sal ek 'n ander supermark ondersteun.

Date:

Company: Checkers & Checkers Hypers

Country: South Africa   City: Tzaneen

Category: Shops, Products, Services

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google